Gedagte vir die dag: Onthou aan wie jy behoort     

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle hart behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees. (Filippense 4:4)     

Ons vergeet so gou. Al het ons duisend maal gehoor dat God ons liefhet en dat ons sy kosbare kinders is, vergeet ons dit die oomblik wat die lewe ons stamp. Dan sien ons net die swartgallige prentjie van alles wat verkeerd is.

Onthou vandag ’n slag dat die hemelse Vader jóú uitgekies het om eendag langs sy troon te sit. Onthou dat Hy aan jou belowe dat Hy jou nie een oomblik van jou lewe alleen sal laat nie, dat jy deur Hom enige situasie kan hanteer en dat Hy jou elke dag met sy liefde wil omhels. Skryf die woorde van Filippense 4:19 op jou hart: “Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.”

Liewe mens, onthou aan Wie jy behoort. Dan sál jou hart nie vergeet om van blydskap oor te loop nie.

Here, help my om die ware impak van my kindskap elke dag te besef en in afhanklikheid te leef.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bernie ·

Dankie Maroela, vir die geestelike Woord elke dag! ek waardeer dit.

ulinda ·

baie baie dankie, net soos ek voel ek beteken niks meer
kom die Woord so pragtig en sag
baie dankie
mag die Here elke liewe een wat die lees stywe drukkies gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.