Gedagte vir die dag: Onthou om te deel

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer julle julle lande oes, moenie die graan tot teen die kante van die veld oes nie, en moet ook nie dit optel wat val nie. Dieselfde geld vir die druiwe-oes. Moenie elke moontlike druiwetros afoes nie en moet ook nie druiwekorrels wat op die grond geval het, optel nie. Laat dit daar vir die armes en die vreemdelinge wat tussen julle woon, want Ek, die Here, is julle God. (Levitikus 19:9-10)

In die naam van finansiële welvaart klou ons vas aan elke laaste sent. In ons pogings om ons dae maksimaal te benut, beplan en skeduleer ons elke minuut. En tog, volgens God se prioriteite, is ons veronderstel om ons tyd en geld te deel.

Laat ruimte in julle begroting om te gee. Gee goeie fooitjies. Voeg ’n paar items by julle inkopies vir die kerk se noodkas. Deel julle goed met die armes en dié wat swaarkry. Laat God se liefde op tasbare maniere vir ander ’n werklikheid word deur dit wat julle gee.

Gee die geskenk van julle tyd. Geniet gesinstyd saam. Sorg vir vrye tyd oor naweke saam met vriende. Hou julle program buigsaam genoeg om ander te kan dien en die lewe met hulle te deel. God het mense lief en wil mense aanraak deur die ure wat julle deel.

Hou julle oë oop vir iemand wat behoeftig of eensaam is. Gee vir hulle uit die oorvloed wat die Here vir julle gegee het.

Here, weerhou ons daarvan om u seëninge vir onsself te hou. Leer ons om ’n sekere hoeveelheid van dit wat ons het met ander te deel. Laat ons ander in u Naam liefhê. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Volgens die Woord moes die Israeliete drie tiendes gee.
Die eerste tiende moes na die Leviete gaan wat geen land in Kanaän ontvang het nie. Op hul beurt het die Leviete tiendes aan die priesters gegee.
Die tweede tiende is aangewend om jou en jou gesin te neem en te onderhou tydens die jaarlikse heilige feeste soos die Huttefees, Fees van trompette, Pasga ensovoorts.
Die derde tiende is gespaar oor n sewe jaar periode en het netso na die armes gegaan.
Ons het nie n tempel of Leviete meer nie, die meeste kerke eerbiedig nie die heilige dae nie, dus help ons ons naaste waar ons kan. Ek help eerder my naaste in nood as wat ek die pastoor se X5 betaal. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.