Gedagte vir die dag: Onthou waaroor die lewe gaan

ATTACHMENT DETAILS vrou_prys-God_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maar die Here het Marta geantwoord: “My liewe Marta, jy hardloop aanmekaar rond. Jy bekommer jou oor of alles gereed is. Laat staan dit! Dis mos nie waaroor die lewe gaan nie. Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. (Lukas 10:41)    

Vandag se vroue hardloop hulle bene af! Dis asof ons net nooit die luukse het om niks te doen nie. Daar is altyd iets of iemand wat ons aandag vereis. Is dit net óns tydvak of is dit eerder ’n selfopgelegde “vroue-ding” wat maar deur al die eeue deel van ons wese was?

Wel, wanneer ek die Marta-Maria-verhaal in Lukas 10 lees, lyk dit vir my asof hierdie geneigdheid om té besig te wees, iewers in ons vrouwees ingeplant is. Dit het dalk te doen met die feit dat ons so vreeslik verantwoordelik voel vir alles, of bloot die opregte begeerte om almal om ons gelukkig te maak. Of dalk is dit omdat ons ons selfwaarde in besigwees probeer kry?

Hierdie verhaal vertel ons dat ons met ’n té-besigwees-lewe die gevaar loop om te vergeet waaroor die lewe wérklik gaan. Gees van God, ek wil U met my hele lewe loof.

Here, help my om nie myself en U in my hardloop-lewe te verloor nie.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

Dit is waar ….vir my ongelooflik om te dink….vroue werk inkomste, vroue werk om huis in order te bring , vroue antwoordelik vir kinders en vir vroue hulle mans gelukkig te maak. Alles dit om Here te bedank dat Here as vrouens sterk gemaak om te kan handteer .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.