Gedagte vir die dag: Ontsag vir God

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16)

Waarom het God vir ons die Tien Gebooie gegee? Volgens die apostel Paulus was dit sodat ons die wet kan verstaan. Die Tien Gebooie lê ook die sondes bloot wat ons pleeg. Nogtans kan ons nie deur die wet gered word nie. In plaas daarvan het die Vader sy Seun, Jesus Christus, aarde toe gestuur. Hy het aan ’n kruis op Golgota gesterf vir ons sondes. Ons sondes is weggewas en ons verstaan dat ons deur genade gered is. Die Tien Gebooie is daar om my en jou op die regte pad te hou.

Genade en barmhartigheid en ontferming en geloof is daar om ons na ons hemelse tuiste te bring. God het sy Seun vir ons gegee. Jesus het gesê Hy het gekom om die wet te vervul – Hy het nie gekom om enigiets weg te neem van die wet nie. Die Nuwe Testament is daar om die Ou Testament te vervul. As daar nie ’n kruisiging was nie, sou daar nie ’n opstanding gewees het nie. As die Tien Gebooie nie daar was nie, sou dit nie nodig gewees het dat Jesus aarde toe moes kom nie. Die Here het gekom om ons van ons sonde te red.

Die gebooie is daar om ons te wys waar ons die pad byster geraak het sodat ons berou kan hê en kan aangaan. Dit beteken dat alle paaie nie na die hemel lei nie. As jy nie die Tien Gebooie gehoorsaam nie, is daar geen krag, vreugde of doel in jou lewe nie.

Ons móét terugkeer na die grondbeginsels. Daar is ’n regte en ’n verkeerde manier om dinge te doen. Ek het dit al oor en oor gesien. Daar is geen kortpaaie nie – ons maai altyd wat ons saai. As jy die tweede myl stap, die ekstra prys betaal en jou op ’n eerbare manier gedra, sal jy ’n rekordoes van seëninge gewaarborg wees. Die Here sê baie duidelik dat as ons ontsag vir Hom het, Hy vir ons sal sorg. My gebed vandag vir jou is dat jy met integriteit en vertroue sal wandel as gevolg van jou ontsag vir Hom. Mag God jou seën.

Liewe almagtige Vader, soms beskou ek die Tien Gebooie as outyds. Help my besef dat u reëls vir my eie beswil geskryf is en help my om elkeen te gehoorsaam. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lora ·

Dankie vir dié boodskap! Só so jammer, die tien gebooie en onse Vader word lankal nie meer in skole geleer nie(wat nog van PS 23.!) Seker net ‘n handjievol ouers wat nog dink dis belangrik dat hul kinders dit ken. Weet nie so mooi van wat in Sondagskole aangaan nie???

humor ·

Dit bly onverstaanbaar dat sommige kerke gemeentes nie meer die wet en ook die geloofbelydenis gestand doen nie. Gedagtig daaraan dat ons leef in n samelewing wat oorheers word deur gruwel misdaad en materialisme. Duisende mense is verslaaf aan sepies waarin al tien gebooie daagliks oortree word. Ja die wet dien nie tot redding nie maar die verlossing wat daar in Christus Jesus is, maar ons bly geroepe om ons verlossingslewe te lewe en die wet maak die integrale deel daarvan uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.