Julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. (Lukas 6:35)
Maak nie saak hoe diep jy die waarheid glo oor wie jy in Christus is of hoe dikwels jy vir jouself vertel dis al wat saak m Wat jou pla, is dat baie mense – selfs mense wat naby aan jou is – nooit sal nie.
Die goeie nuus is dat jy, ten spyte hiervan, in die liefde van jou Verlosser kan ontspan. Hy het aan die kruis afgereken met die pyn van misgekyk word. Jy kan in die waarheid rus dat dit nie jou plig is om hierdie ding op te los nie. Jy sal begryp dat mense meestal nie bedoel om gemeen te wees nie, en dat hulle verseker nie weet hoe hul woorde en dade – of die gebrek daaraan – jou sal raak nie. Jy sal soveel meer genade vir hulle hê, en genade maak jou dapper en pragtig.
Kan jy jou greep verslap op die seer wat jy so styf vashou? Wie kan jy vandag oordadig liefhê, ten spyte van hoe hulle jou behandel het?
Jesus, dankie vir die vrede en versekering wat ek in u liefde het. Dankie dat u liefde my toelaat om ander lief te hê, ongeag hoe hulle my sien of behandel. Amen