ToekomsVenster: Ontvang God se Kersgeskenk dankbaar en in geloof


kersfees creative commons wikimedia

Argieffoto Foto: “Nativity tree 2011” deur Jeff Weese, Flickr via Wikimedia Commons

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

Hierdie bekende teks onderstreep ʼn verdere belangrike aspek wat verband hou met die Kersgebeure, naamlik die woorde “sodat dié wat in Hom glo” iets betekenisvols kan ontvang. Ons ruil graag geskenke uit gedurende Kersfees. Dis ʼn metafoor van die grootste geskenk wat ooit aan mense gegee is.

Die voorwaarde is dat jy dit sal aangryp en in jou lewe integreer.

Op Kersdag sal mense weer stroom na Kersdienste net om weer tot volgende jaar weg te bly van gemeentelike en ander byeenkomste.

Ons kan nie een keer per jaar met God “kontak” maak en dink dat ons in ons geloof kan groei nie. God soek nie ʼn veruiterlikte godsdiens nie. God vra jou hart en verhouding. Die erediens van Sondag moet oorgaan in die erediens van die lewe.

Kersfees moet jou in beslag neem, dwing en dring tot geloofsgehoorsaamheid aan hierdie God en die uitvoering van sy gebooie.

Het jy die geskenk al geneem, “oopgemaak” en in verwondering by die kruis gestaan?

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. – Johannes 1:12

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.