U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. (Psalm 86:5)
Daar’s Iemand wat altyd sal omgee, selfs al sal die wêreld vergeet … Iemand wat jou altyd sal liefhê, ook in jou swakheid en leed.
Openbaar ’n gees van vergewensgesindheid. Onthou, God het jou vergewe en Hy het jou lief.