Gedagte vir die dag:  Ook Hý was afhanklik

ramshoring_stiltetyd.jpg

Foto: charismanews.com

Eers as julle My, die Seun van die Mens, verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is; en dat Ek uit my eie niks doen nie, maar net praat soos die Vader My onderrig het. Hy wat My gestuur het, is by My. (Johannes 8:28-29)

Jesus is die Seun van God. En tog het Hy gekies om niks sonder sy Vader te doen nie. Het Hy gekies om baie naby aan sy – nee – ín sy Vader te leef. Telkemale lees ons hoe Hy Hom afgesonder het om met sy Vader te gesels. In Getsemane hoor ons hoe Hy met bittere eerlikheid soos ’n Kind by ’n Vader smeek. En aan die kruis, bid Hy deur sy felle pyn steeds tot sy Pa.

As Jesus nie sonder sy Vader kon en wou leef nie, waarom sal ons? As God self in ons is en ons soos ’n goeie Vader deur die lewe dra, kan ons mos maar met minder spanning, bekommernis en onsekerheid leef.

Gaan leef vandag met hoop, verwagting en ’n diepe vrede in die wete: Jy kan niks uit jou eie doen nie. En tog kan jy alles doen. Saam met Hom!

Ek weet: Daar is niks wat ons sáám nie kan doen nie, Almagtige!

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.