Gedagte vir die dag: Die oop deur

Kerk_ou-gebou_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. (Openbaring 3:8)

Mense kom na my toe en vra vir raad: “Wat sou jy doen? Ek weet nie of ek moet gaan en of ek moet bly nie … Ek weet nie of ek moet trou nie … Ek weet nie of ek die onderneming moet begin nie … ” My raad is altyd baie eenvoudig: Hou aan stap deur die geopende deure, maar as die deure toe is, bestaan die opsie om daardeur te stap nie meer nie. Ek dink nie dit kan eenvoudiger wees as dit nie.

Die evangelie is baie eenvoudig, so eenvoudig dat selfs jong kinders dit kan verstaan. Moet dit daarom nie so ingewikkeld maak nie. As jy die Here se wil soek wanneer jy besluite moet neem, moedig ek jou aan om te bid en te vas, om die Woord van God te lees en dan al die raad wat jy ontvang op te volg. God sal jou geloof beloon en jou ondernemings sal suksesvol wees.

God maak nie foute nie. Hy is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Hy weet alles en Hy is alles. Hy is lief vir jou en Hy is aan jou kant. Hy sal omstandighede en selfs ongelowige mense gebruik om deure voor jou oop en toe te maak, net soos Hy Bileam se donkie gebruik het om vir Bileam te waarsku.

Moenie rondgaan en almal se mening vra nie. Jy sal honderd verskillende menings kry. Lees die Woord van die Here. Nader tot Hom en vra na sy wil, stap deur die oop deure en God sal jou help om jou drome waar te maak.

Bron: ‘n Mosterdsaad deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.