O God wat aan my reg verskaf, antwoord my as ek roep. Toe ek in die nood was, het U my bevry. Wees my nou ook genadig en hoor my gebed! (Psalm 4:2)
Here, hoor tog my gebed vandag en hou oor my geliefdes wag, laat my hart met hulle verenig word. Heer, sal U asseblief in hierdie tyd u seën en beskerming oor hulle uitstort.
Dink altyd aan geliefdes wat ver is. Kyk na hulle foto’s en bid vir hulle.
Ons Almagtige Vader en Meester, ons bid vir ons mense in verskillende lande, veral vir ons mense in SA, hou asb U Hand van Genade oor hulle. Beskerm hulle veral teen satan se bose magte wat U kinders wil vernietig. Ons bid vir vrede en voorspoed oor die wereld. Vernietig asb ook die demone wie so hard werk vir satan. Ons smeek U Jesus ons weet ons God sal rustigheid stuur oor U kinders.
AMEN!
Here ek bid vir my vriendin vanoggend Here ek bid vir ons predikant en vir al my familie ver van my . Wees my nou ook genadig en hoor my gebed. Amen