Gedagte vir die dag: Oorgeërf of self verwerf?

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ouers mag nie doodgemaak word vir die sonde van hulle kinders nie en kinders mag nie doodgemaak word vir die sonde van hulle ouers nie. Wie die doodstraf moet kry,   kry dit net vir sy eie misdade. (Deuteronomium 24:16)  

Hierdie is een van die verskeie wette wat God vir sy volk gegee het om hulle samelewing te reguleer en wat vandag byna vreemd op ons ore val. Die oorkoepelende boodskap is egter dat ons, hoewel ons ongetwyfeld beïnvloed word deur ons DNS en die besluite van ons voorouers, elkeen ’n individu is wat individueel verantwoordelik gehou sal word vir die lewens wat ons kies om te lei.

Dit voel dalk vir jou of jy ’n klomp dinge moet vergewe of oorsien wanneer jy dink aan hoe jou ouers jou grootgemaak – of verwerp – het. Dalk is jy verwaarloos of misverstaan of gedwing om iemand te wees wat jy nie is nie. Maar om lewenslank jou ouers te blameer vir elke terugslag en teleurstelling hou jou gevange in ’n plek van sonde en selfbejammering, terwyl jy eintlik bestem is om ’n lewe van oorvloed te leef (Johannes 10:10). Daar is meer aan jou lewensverhaal as die storielyn van jou verlede en jou ouerhuis. Blaai om. God skryf vir jou ’n splinternuwe storie.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat vir elke aspek van die lewe vir ons raad het….salf vir ons wonde…ons moet net wil….U KAN..Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.