Gedagte vir die dag: Oorlaai deur God se seën

voetpad-brug-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. (Numeri 6:24-25)

Hierdie seën soos die priesters in die Ou Testament dit uitgespreek het, het uiteindelik in die Nuwe Testament sy volle betekenis gekry met die soenverdienste van ons Here Jesus Christus. Die Ou­Testamentiese volk het seën beleef deur vrede, voorspoed en suksesvolle oeste. Maar Nuwe-Testamentiese gelowiges ervaar seën veral op geestelike gebied: deur sondevergifnis, die gawe van die Heilige Gees om hulle te lei en die belofte van ’n ewigheid saam met God.

Jy kan daarvan verseker wees dat die Here jou onvoorwaardelik liefhet en dat sy oog altyd op jou is om vir jou te gee wat vir jou die beste is.

Here, U oorlaai my met u seëninge en u goedheid. Hoe kan ek U ooit genoeg loof? Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here vir U onverdiende seen

Swerwer

Dankie vir elke dag se Gedagte. Dit gee my weer krag om die dag vierkantig in die oë te kyk en met ywer aan te pak.