Gedagte vir die dag:  Jy kan sy oorvloed geniet

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Toe hulle klaar ontbyt geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” (Johannes 21:15)

Verliefdheid het mos ’n manier om jou hele lewe oor te neem! Al waaraan jy kan of wil dink, is hiérdie mens wat jy die heeltyd by jou wil hê. Jy wil in sy oë staar, aan sy hand vat, onophoudelik met hom gesels, saam met hom alles doen … jy wil onafskeidbaar deel van sy lewe wees, doen waarvan hy hou en hom met jouself bederf.

Om God lief te hê, is iets soortgelyks: Dis ’n stille verwondering oor sy grootheid, ’n diepe afhanklikheid van sy wysheid en leiding, ’n begeerte om in sy teenwoordigheid te wees, sy stem te hoor en met Hom te gesels. En omdat jy Hom so liefhet, wil jy ook graag doen wat Hy vra, leef soos Hy wil hê en iets van Hom in die wêreld wees.

Bid dat die Gees jou gedurig bewus sal hou van sý onvoorwaardelike en oorvloedige liefde vir jou. Drink dit in en maak dit jou eie. Dán kan jy nie anders as om dit aan te gee nie.

Gees wat liefde gee, ek wil in en deur u liefde leef. Help my, asseblief?

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johan ·

Daar is hoegenaamd geen ooreenkoms tussen verliefdheid, en die liefde wat ‘n mens vir God het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.