Gedagte vir die dag: Oorvloed

Stiltetyd-8.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus. (Filippense 4:19)

Paulus, wat as evangelis daarvoor bekend was dat hy as tentmaker in sy eie daaglikse behoeftes voorsien het, ontvang tasbare hulp van die gemeente van Filippi. Hy bedank hulle daarvoor en verseker hulle terselfdertyd dat hy tevrede is met wat hy het. Noudat hy Jesus in sy lewe het, fokus hy nie meer op aardse besittings en om goed te versamel nie. Hy put sy krag uit die hemelse rykdom wat Jesus hom bied. Die lewensvreugde waarmee Jesus hom vul, kan nie vergelyk word met aardse skatte nie.

Wanneer jy Jesus in jou lewe innooi, behoort jy nie meer onvergenoegd te wees nie. Daardie leegte in jou hart sal gevul word met sy liefde en jy sal nie meer hunker na geld en goed wat jou op die ou end steeds onvervuld laat nie. Bid tot Jesus dat Hy die ontevredenheid sal wegneem en jou met sy rykdom bekroon. Hy sal voorsien in jou behoeftes en jou gee wat jy nodig het, al is dit nie altyd alles wat jy in jou hebsug begeer nie. Sy gawes is die soort wat jy vrylik kan uitdeel en wat jou niks sal kos nie, maar jou eerder nog ryker sal maak.

Die mense van Filippi gee nie net van hul geld en goed nie, maar ook van hul liefde, want hulle het Paulus nie vergeet nie.

‘Julle gawe is voor God ’n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig,’ skryf Paulus in vers 18. Daarom verseker hy hulle dat God wat hul harte ken, in al hul behoeftes sal voorsien en hulle met oorvloedige geestelike rykdom sal seën.

Here Jesus, daar is tye in ons lewe dat ons bekommerd is omdat ons in ’n ongenaakbare wêreld woon waar armoede as ondeug beskou word en ons nie afhanklik wil raak van aalmoese nie. Ons raak ontsteld en vergeet dat U vir ons gee wat ons nodig het en dat U ook besluit wat dit moet wees. Vergewe ons ons ongeloof.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ina ·

More Ek wil net se ek geniet Maroela veral di gedagte van di dag ek kan ni wag om dit te lees in di ogend ni en toekoms venster ook Julle is puik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.