Gedagte vir die dag:  Op die regte pad

Foto: pixabay.com

Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie. (1 Johannes 2:10)          

Ons onderskei iemand wat in God se lig lewe van iemand wat in sondeduisternis rondploeter deur na die manier te kyk waarmee hulle teenoor ander optree. Wie sy medemens liefhet, leef in die lig, en God sal self vir hom die regte pad aandui. Dié mens wat nie liefhet nie, bly egter in die donker.

As jy ander mense liefhet met dié liefde waarmee God jou liefhet, sal hierdie liefde jou op die regte pad hou en jou van struikeling bewaar.

Die effek van God se liefde op ons lewe duur vir altyd. ~ Yolanda Dreyer

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.