Gedagte vir die dag: Op God se bestemde tyd

Foto: pixabay.com

Antwoord my op u bestemde tyd, o God. In die grootheid van u troue liefde, antwoord my met u troue redding! (Psalm 69:14)

In die kits­era waarin ons leef, is mense gewoond om baie dinge te vermag met die druk van ’n knoppie. Wanneer God dus nie hulle gebede dadelik verhoor nie, staan hulle teleurgesteld en verward in hulle geloof. Paulus herinner ons egter aan die feit dat God alles vir sy kinders ten goede laat meewerk (Rom. 8:28).

Wees daarom geduldig en wag gelowig dat God jou gebede verhoor. Hy ken jou die beste en Hy bestuur omstandighede volgens sy verborge raadsplan en om sy koninkryk uit te brei. Hy sal op sy tyd en op sy manier vir jou sy antwoord gee.

Hoorder van gebed, dankie dat U op u bestemde tyd my gebede beantwoord. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U sorg vir U kinders dat U presies weet wat ons nodig het…die lof, dank en eer kom U alleen toe

Andries ·

Vader in naam van Jesus wil ek net se dankie vir U Grootheid en genade en wonderbaarlike liefde oor U kinders Vader ons bid U wil toe oor die nasies in die tyd en vra so vir U genade oor ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.