Gedagte vir die dag: Op soek na God

Donker_vallei_woud_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep. (Genesis 4:26)

Dit het sleg gegaan met die mense. God het hulle uit die tuin verdryf en hulle aangesê om die harde aarde buite die tuin self te bewerk. Daarby het Hy die aarde vervloek en gestraf met dorings en dissels, en die mens met sterflikheid en dus ook met allerlei kwale. Die Bose het nie meer nodig gehad om in die vermomming van ’n slang rond te sluip nie. Hy het direk toegang tot mense verkry en hulle met verkeerde gedagtes en negatiewe emosies versoek. Kain het jaloers geword op sy broer Abel. Toe God Abel se offer aanvaar en nie Kain s’n nie, het hy so kwaad geword dat hy Abel doodgeslaan het. Voorheen het jaloesie, woede en moordlus nie bestaan nie, ook nie uitputting, teleurstelling en angs nie.

Toe God sien wat Kain doen, het Hy hom gestraf en weggestuur om in ’n ander landstreek rond te swerf. Skielik was die heldhaftige Kain bang dat daardie mense hom nie sou aanvaar nie en sou doodmaak.

Ná die sondeval het die wêreld ’n gevaarlike plek geword. In hul angs en alleenheid, in hul nood het die mense God begin aanroep. Ons lees egter ook van iemand soos Henog wat naby aan God geleef het. Gebed het Hom nog nader aan God gebring; deur gebed het mense hulle weer tot God gekeer.

Here God, dankie dat ons van toe af tot nou met U mag praat, dankie dat U luister.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ans ·

Baie dankie vir die boodskap. Dit laat my dink aan daardie lied Ek soek U o God my God ek dors na U God soos n land sonder water wil ek tot U nader. Ja ons moet nader kom aan ons Lewende God. Hy is ons bron van Lewende water.

SNEL ·

Glo dis n heralding van Psalm 63 as ek reg is, en nader al nader, nader aan die Vader van Freda Frances.

sandra ·

(Die mense het begin om die naam van die HERE aan te roep).SPR30:4 … Hoe is SY NAAM? En hoe is die NAAM van SY SEUN-as jy dit weet?
JOH5:43 EK het gekom in die NAAM van MY VADER, en julle neem MY nie aan nie…..
(Here en God is n titel) VADER se NAAM is YAH en SY SEUN se NAAM is YAHSHUA.
dit maak sin dat HY gekom het in die NAAM van SY VADER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.