Gedagte vir die dag: Op soek na ’n held

Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees. (Filippense 4:8-9)

Wat is die kenmerke van ’n held? Jongmense soek veral na ’n held wat ’n wenner is, iemand wat suksesvol is, wat die swakkes verdedig, wat geen vrees het nie, oor ’n eie identiteit beskik en hom of haar nie aan die opinies van ander steur nie.

Ware helde behoort nederig en sagmoedig te wees, aangesien sagmoedigheid dui op innerlike krag. Hulle moet weet waarheen hulle op pad is en bereid wees om die eindstreep te haal. Hulle moet ook heilig wees. Hulle lewe moet navolgenswaardig wees. Daar word van helde verwag om eerlik, opreg en betroubaar te wees. Hulle moet oorwinnaars wees; vreesloos en opgewasse vir enige uit daging. Jy ken seker die storie van die seuntjie wie se suster sterwend was weens bloedkanker. Sy het ’n seldsame bloedgroep gehad en hy was die enigste persoon wie se bloed by hare pas. Nadat hy gevra is of hy van sy bloed sal skenk, het hy gevra of hy eers ’n rukkie daaroor kon dink. Hy het egter ingestem tot die prosedure. Toe die dokter begin, vra die seuntjie: “Hoe gou voordat ek begin doodgaan?” Hy het gedink dat hy sou sterf as hy sy bloed vir sy sussie gee.

Een van die belangrikste kenmerke van ’n held is dat hy of sy bereid moet wees om sy of haar lewe vir ander neer te lê. Helde is persone wat hulle geliefdes bo hulself stel.

Ek leef nou al ’n hele paar jaar op die aarde en ek het nog nooit ’n held teëgekom wat naby aan Jesus kom nie. Hy het my vrygekoop en vir my ’n splinternuwe lewe gegee. Hy het my sondes weggeneem en my fisies, geestelik en emosioneel genees. As mans en vroue van God, laat ons alles in ons vermoë doen om Jesus na te boots en die helde en heldinne te wees wat die wêreld, en verval die jonger geslag, nodig het.

Hemelse Vader, dis so inspirerend om van die geloofshelde in die Bybel te lees, wat standvastig op U bly vertrou het. Ek bid dat ek dapper, onbaatsugtig, liefdevol en ’n goeie rolmodel vir die jonger geslag sal wees. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.