Gedagte vir die dag: Opbouende woorde

sonsondergang_mense_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (Efesiërs 4:29)

Ons almal weet gesonde kos, genoeg oefening en genoeg slaap hou ons liggame sterk en gesond. As ons slegs gemorskos eet en die hele dag voor die TV lê, gaan ons beslis nie gesond bly nie.

Dieselfde beginsel geld vir ons hart en verstand. Ons het almal liefdevolle en opbouende woorde nodig om na gees en siel sterk te wees. Selfs die manier waarop ons met mekaar praat, kan ons gelukkig en vol selfvertroue laat  voel. Wanneer jy bang of senuweeagtig voel, kan jy hardop bid en onthou dat God by jou is. As jy hard werk om ’n sekere doelwit te bereik, is dit lekker om te voel jy word deur ander bemoedig en dat hulle in jou vreugde deel as jy suksesvol is. Wyse woorde wat die waarheid van God se liefde weerkaats, hou ons sterk en vol vertroue.

Die teenoorgestelde is ook waar: Gemene, kritiese woorde kan ons gees knak. Elke keer wanneer jy jou mond oopmaak, maak jy ’n keuse: Gaan ek iemand met my woorde ophef, of afbreek? Dink elke dag na oor jou woorde en gebruik dit om ander op te bou en te bemoedig.

Here, U spreek net waarheid en liefde oor ons uit. Leer ons om mekaar ook met ons woorde op te hef. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.