Gedagte vir die dag: Openbaring

 hand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe ek Hom sien, het ek voor sy voete neergeval soos ’n lyk. Hy het sy regterhand op my gelê en gesê: “Hou op om bang te wees, Ek is die Eerste en die Laaste, en die Lewende.” (Openbaring 1:17-18)

Sowel die Skrif as tyd, alles wat in die skepping plaasvind, is deel van die openbaring van Christus, van wie Hy is en hoekom Hy is wie Hy is.

Deur die hele Skrif sien jy dat hierdie openbaring telkens aan elke individuele hart gemaak word, aan elke individuele lewe van dié wat Hom ken. Christus is eerstens bekend as die Seun van die Mens, maar word dan onthul as Christus, die Seun van God. Mense volg Christus die man. Maar wanneer hulle die verheerlikte Christus sien, wanneer hulle die opgestane Christus, die Verlosser, sien, val hulle by sy voete neer. Dít is God!

Bid dat Hy Hom aan jou sal openbaar as God. Bid vir ’n ontvanklike hart. Bid dat jy Hom sal herken en dat jy ook onmiddellik by sy voete sal neerval.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.