Gedagte vir die dag: Oppas vir familiariteit met God

teenwoordigheid-van-God

Foto: Reint Dykema.

Moenie te gou praat nie. Moenie oorhaastig iets aan God belowe nie. Onthou: God is in die hemel en jy is op die aarde. Laat jou woorde min wees. (Prediker 5:1)

Familiariteit lei dikwels tot oorgemaklikheid – ook met God. Een van die sigbaarste simptome van godsdienstige oorgemaklikheid is wanneer ons gebede propvol woorde word, maar sonder die nodige geestelike krag.

God se nabyheid aan ons gee nooit aan ons die reg om te familiêr met Hom te wees nie. Of te selfversekerd nie. Of te tuis nie. Die geneesmiddel vir sulke godsdienstige oorgemaklikheid is om ons plek voor die Almagtige te ken. In die woorde van Prediker 5 vra dit van ons om ons woorde in sy teenwoordigheid te tel.

Ons eie nabyheid aan die Here neem nooit ons groot respek en agting vir Hom weg nie. Sy heiligheid trek ons nader, maar dit laat ons ook in die stof voor Hom neerval. Ons spreek Hom aan as ons Vader, maar ons onthou dat Hy in die hemel is en ons op die aarde. En dat Hy die Here is. Só groei ons algaande dieper in ons eie kleinheid voor God.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mien ·

Dit is so waar. Mense het nie meer genoeg respek vir God en sy gebod nie.

Hennie ·

Julle praat sommer snert! God is ‘n drie-enige God, Vader, Seun en Heiloge Gees wat binne in ons woon! Hy is nie vér weg nie, maar is deel van ons. Ons kan ons Vader enige iets vra! Daar bestaan nie so iets soos familiêriteit met God nie! God behoort aan ons, en ons behoort aan God! Moet asseblief nie onwaarhede verkondig nie!!!!

Ouma Mossie ·

Hennie, weet jy wat die word familiariteit beteken? in ‘gewone’ Afrikaans beteken dit: God is nie jou/ons ‘maatjie’ nie. As ons met Hom praat, behoort ons eintlik REGOP te staan. Weet jy hoe groot GOD is? ek glo nie.

ElgeraineR ·

Hennie, dalk bedoel die skrywer ons moenie allerlei onmoontlike beloftes of ultimatums aan God maak nie, ons as mense is tog geneig om altyd ons beloftes te verbreek, en ons weet dit.

Dries ·

Ons moet en ons moet wil aan GOD die allerheiligste respek en eerbied toon! Moses kon God nie van voor sien nie maar net van agter so heilig is Hy.
GOD is egter nie ‘n hartelose magtige Wese nie maar ook ‘n GOD van liefde, laat ons ook vrolik en opgeruimd wees om voor Hom te voorskyn, waar is ons tog so welkom en geliefd as by Hom.
GOD sal nie ‘n gespottery en disrespek teenoor Hom duld nie en indien iemand volhard daarin tot die einde , kan mens se “vreeslik is dit om te val in die Hande van die lewende
GOD”
Maleagi 4 sê “maar vir julle wat eerbied! vir My het julle sal uitgaan en rondspring soos jong kalwers…” daarom ons mag vrolik en blymoedig wees in die teenwoordigheid van GOD. Wie het ons so lief soos GOD ons het , by wie is ons tog so volkome welkom as by Hom?
Laat ons kniel voor GOD met nederigheid en aan Hom al die eer toon maar laat ons ook opgewek en vrolik wees om voor Hom te voorskyn en Hom te loof en te prys.
Laat ons uitsien na die heuglikke dag wanner Jesus ons kom haal om ons na die Vader toe te neem . Dit sal die wonderlikste dag in ons lewe wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.