Gedagte vir die dag: Oppas vir hoogmoed

Jakkalse Foto: www.crisscrossadventures.co.za

Jakkalse Foto: www.crisscrossadventures.co.za

Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: “Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is” nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is (Deut. 9:4).

“As ek dink wat vandeesweek vir my wag, wil ek liewer in die bed bly.” Voel jy ook so? Sit die Enakiete daar op kantoor of by die skool vir jou en wag? la, daar kom tye dat ‘n mens bedreig voel. Jy moet na ‘n nuwe skool 0f  universiteit gaan, of selfs net na ‘n ander klas. Jy moet van werk verander. Jou eggenoot is siek. Jy moet self hospitaal toe gaan.

Moses is besig met sy tweede groot toespraak op die grens van die beloofde land. Hy waarsku die volk dat daar reuse op hulle wag. Die tien verkenners het ook van hulle gepraat, en die gevolg was dat die volk bang geword het en hulle vertroue in God verloor het. Nou praat Moses self oor die groot uitdagings wat voorlê, maar met die doel om hulle te help om nie bang te wees nie, maar eerder op God te vertrou. Hulle kan seker wees van die oorwinning, maar dit sal nie as gevolg van hulle eie bekwaamheid wees nie. God sal vir hulle stry. Hulle moet net hulle kant ook bring. Hulle verdien nie eintlik om gehelp te word nie, soos ons vanaand sal sien. Die Here belowe nie dat die reuse nie daar sal wees nie.

Maar Hy sal saam met ons daardie reuse tegemoet gaan. Eintlik is ons maar net die instrumente in sy hand, waarmee Hy sy eie doel wil bereik. In Israel se geval wou hy die goddelose volke straf. Miskien wil Hy vir jou en my gebruik om mense na Hom te lei. Is jy tot sy beskikking?

Gebed: “Here, ek verdien nie u hulp nie. Maar ek stel myself tot u beskikking om hierdie week in u diens gebruik te word.”

Bron: Uit die Beek 2012 – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.