Gedagte vir die dag: Opregte berou

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. (Handelinge 3:19)

Eerlike, opregte berou en bekering is die belangrikste stap wat jy kan neem na vryheid. Berou is die erkentenis van hoogmoed. Dis die erkenning dat God se weë die beste is en die onderwerping van jouself aan sy dissipline en sy opdragte.

So dikwels sê God se kinders hulle is vergewe, sonder dat hulle ooit berou gehad het oor hul sonde en daarvan weggedraai het. Die groot verlies hier is dat vryheid nie gegee kan word sonder dat jy omdraai nie. Bekering moet innig wees. Dis om eienaarskap te neem van jou sondes, tekortkomings en keuses wat jou in die gat laat beland het waarin jy nou is.

Slegs wanneer jy tot bekering kom en met berou omdraai, sal jy ware genade leer ken. Dan sal jy ’n vryheid leer ken wat nie beskryf kan word nie, ’n vryheid wat net ervaar kan word. Dis ’n vryheid uniek aan die Christus-dissipel-verhouding.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genieve ·

Dankie Here ai ek kan nie genoeg die Gees bedank nie het vanoggend so gebid vir berou en vergifnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.