Gedagte vir die dag: Paaie van opregtheid

Argieffoto (Foto: Chris Hilbert/Pixabay)

Ek sal jou leer hoe wysheid werk. Ek sal jou op die regte pad lei. (Spreuke 4:11)

Ek wil voortdurend tot jou hart spreek en jou na ’n plek van konstante vrede lei. Daar steek soveel meer in ’n verhouding met My as om net te weet dat Ek jou siel gered het en dit vir die ewigheid bewaar. Jy ontvang ook die groot seën van saam met My deur die lewe loop. EK IS altyd by jou om jou in my geregtigheid te lei en te rig. Die situasies in die lewe wat jou geloof beproef, bring jou na my teenwoordigheid sodat ons die intimiteit kan beleef wat Ek begeer om met jou te hê.

As Ek ’n situasie in jou lewe toelaat, hetsy “goed” of “sleg”, kan jy altyd gerus wees dat Ek dit met ’n belangrike doel doen en ook met die begeerte om jou geloof te laat groei deur jou nader aan My te bring. Wanneer jy jou in omstandighede bevind wat wysheid en krag ver bo jou eie verg, dwing dit jou om na My te kyk. Dit is my begeerte dat jy sal leer om ten alle tye op die Heilige Gees staat te maak en nie net wanneer jy teëspoed en beproewing beleef nie. Ek wil jou na die oorvloedigheid lei wat jy veronderstel is om te hê, maar die pad na opregtheid lei soms deur moeilike tye – situasies wat maak dat jy soos nog nooit tevore nie op My vertrou. Vertrou net altyd op My en alles sal uiteindelik reg uitwerk.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carina ·

Dankie baie Grote KONING. Dankie baie dat ons KONINGKINDERS is.

PJ ·

Dankie YAHVAH my Elohim vir U liefde en genade op genade.
Hallelua prys U naam tot in alle ewigheid.
Amen.

Elsie DeLonch ·

Ek woon al 21 jaar in Amerika en het so pas op die Maroela Media nuus afgekom. Dit maak. Nie saak hoe lank ‘n mens in ‘n ander land woon nie, jy bly verlang terug en dis lekker om veral nuus te kry… And then there are the yummy recipe’s!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.