Gedagte vir die dag: Die pad na oorwinning

voetpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. (1 Johannes 5:4)

Namate ons ouer word, kom ons agter daar is ’n groot behoefte in ons lewe. Terwyl ons nog jonk is, leef ons onder die indruk dat ons alles kan oorwin. Die eerste plek waar ons tekortkoming en behoeftes dikwels ontmasker word, is in ons persoonlike verhoudings.

Aan die begin dink ons ons kan met durf en ywer die probleem oorbrug, maar op ’n dag besef ons ons is in die moeilikheid. Party is wys genoeg om dit te erken en na antwoorde te soek, maar ander is te trots en probeer so lank moontlik voorgee alles is onder beheer. Dit is so sinloos, want daar ís oorwinning en genesing in Jesus. Dikwels kronkel die oor winningspad deur drie gebiede:

  • Die eerste gebied het met ongehoorsaamheid aan God te doen, en dit bring bindings oor ons lewe wat ons verhoed om vry te wees. Hiervoor het ons God se vergifnis nodig.
  • Die tweede gebied het met seerkry te doen. Almal het al emosioneel seergekry. Dit laat wonde in ons lewe wat die bediening en genesing van Jesus nodig het.
  • Die derde gebied het met leuens te doen. Jare lank versamel ons ’n arsenaal van leuens oor ons menswees en ons prediking. Die interessante ding van hierdie leuens is dat ons ook oor ’n ewe indrukwekkende joernaal van “bewyse” beskik dat die leuens in ons lewe eintlik waar is. Hiervoor het ons God se waarheid nodig wat ons uit die vestings en doolhowe van leuens verlos.

Ons hoef nie met ongehoorsaamheid, wonde en leuens opgeskeep te sit nie. Ons kán vrykom. Moenie dat trots jou van hierdie oorwinning weerhou nie.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Dis waar , as ons jonk dink ons, ons het nog baie jare oor. Gelukkig het ons n Genadige God wie ons lei, baie van ons het al op n jong ouderdom tot bekering gekom. Ek het daardie voorreg gehad op n CSV kamp nog destyds gehou in Maselspoort tot bekering te kom. Oom Jan Simononei(vergeet spelling van sy van) het nog die kamp hanteer. Daar het dit gevoel of Jesus reg voor my staan en gevra het neem My aan My kind. As grootmens het ek en my man deur baie groot hartseer gegaan met dood van ons seun en ons 2 het net aan Jesus vasgehou deur n baie moeilike tyd. So kan ek baie getuienis afle wat Jesus al alles in my lewe vir my gedoen het. Ons moet net glo en vashou aan Hom met n vaste geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.