Gedagte vir die dag: Volg die pad wat God aanwys

Lighuis_sonsopkoms_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here bepaal ’n mens se lewe. Hoe kan ’n mens verstaan wat met hom moet gebeur? (Spreuke 20:24)

Ek wil hê jy moet die punt bereik waar jy nie langer die onbekendheid van die lewe vrees nie. Ek wil hê jy moet net op my wil vertrou en daarin rus vind. As jy ten alle tye naby aan My leef, kan jy met vertroue weet dat Ek jou nie sal toelaat om van die pad af te dwaal wat Ek vir jou gekies het nie. Ek het ongelooflike planne vir jou, maar Ek wil hê jy moet leer om My volkome te vertrou met elke tree wat jy in die geloof neem.

Ek wil hê jy moet ophou om jou eie lewe te beheer en jou oorgee aan my planne en staatmaak op my krag om dit te laat gebeur. Ek wil hê jy moet jou eenvoudig oorgee en My toelaat om in en deur jou te werk. Ek wil nie hê jy moet sukkel om my weë te probeer verstaan nie; Ek wil hê jy moet doodeenvoudig daarop vertrou. My weë is volmaak. Aanvaar wat jy nie kan verander nie en vertrou My om te doen wat onmoontlik lyk, want niks is vir My te moeilik nie. Weet ook dat niks uitmekaar sal val as jy dit eenvoudig oorlaat in my hande nie. Wanneer jou lewe uitmekaarval, val dit eintlik in plek. Ek belowe om jou sterk te maak en jou staande te hou. Al wat Ek vra, is dat jy my wil sal soek, jou vrese sal laat gaan en in die geloof die pad sal loop wat Ek vir jou gekies het.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
SNEL

Elke dag se stukkies word geskryf asof God praat. Daar is n verskil om n teksvers te verduidelik of om jou mening te gee oor wat jy verstaan van die vers/ gedeelte of weergee wat jy glo die Here van mens verwag deur daardie teksvers of die les wat daaruit geleer kan word; en om sommer blatand in God se skoene te wil klim en uit Sy mond namens Hom te praat met die mense….dit laat my bietjie wonder. Sal God dit goedkeur dat iemand Hom sommer so aanhaal en maak of Hy dit nou woord vir woord gesê het,… Lees meer »

Amanda

Baie dankie vir hierdie oggendoordenkings … Dit maak my dag! Ek glo die persoon wat dit skryf word absoluut deur die Heilige Gees gelei om die betrokke stukkie in die Bybel te verduidelik.

Annalies Oosthuizen

Die mooiste belofte om aan vas te hou. Dankie Heer. Amen

Cornelia

God praat ook met ons d.m.v. mense.

Naamloos

Ek het nodig om sulke boodskappe te hoor, want ek is op n punt waar ek na God se plan vir my lewe soek. Vir my lyk en voel alles onmootlik en die sommetjies werk nie uit nie. Boodskappe soos die, gee my darem moed vir nog n dag. Ek glo dat mense party dinge sê met die doel dat ander dit MOET hoor. Indien die boodskap vals is, moet die een wat dit gee, rekenskap aanvaar. Dit het al gebeur dat iemand my kontak en sê dat hulle voel hulle vir my iets moet sê. Dit was dan werklik… Lees meer »