Gedagte vir die dag:  Pas jou hart op en leef voluit

hart_see_sand_strand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spreuke 4:23)

God belowe vir ons die ewige lewe, maar Hy het ons nie geskep om ons aardse verblyf om te wens nie. Ons kan net gelukkig wees as ons ge­balanseerd leef en ons gesondheid én emosies in ag neem.

‘Hou op rook, verloor gewig, eet meer vrugte, groente en graankosse, minder dierevette, minder rooivleis, wees versigtig vir te veel sout. Oefen en ontspan meer’ – alles raad om jou hart gesond te hou. Maar doen jy dit?

Die lewe van kitskos, lessenaarwerk en kantoorstres het ons ingehaal. Hoë bloeddruk, hartsiektes en hartaanvalle is aan die toeneem. Hou jy streng by die gesondheidsreëls en by jou oefenprogram, maar jaag steeds jou dae om en kom nooit tot rus by Jesus nie? In Jesus se tyd was daar ook reëls wat verband gehou het met gesondheid en higiëne en wat deur die godsdiensleiers – die ‘kenners’ van daardie dae – misbruik is om mense te intimideer, terwyl van die wette van God verontagsaam is.

Die Fariseërs het Jesus betig omdat Hy en sy volgelinge nie hul hande seremonieël was voor hulle eet nie. Jesus het die geleentheid gebruik om hul valsheid oop te vlek (lees Markus 7:1–13). Niks wat ons van buite af inneem kan ons meer skade doen as die dinge wat in ons hart uitbroei en nie net ons liggaam nie, maar ook ons siel besoedel. ‘Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, heb­sug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoog­moed, ligsinnigheid. Al hierdie dinge kom van binne af en dit maak mense onrein (Mark 7:21–23). Dis goed om na jou gesondheid om te sien en jy moet ook, maar as jou perfekte liggaam al is waarop jy staatmaak, mis jy die vrede en vreugde van ’n innige verhouding met Jesus.

Hemelvader, dankie vir die voorreg om gesond te kan leef, maar dankie veral vir u Gees wat ons hart suiwer hou van slegte en skadelike gedagtes.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digita

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Dankie, en ek kan byvoeg, “pas jou geliefde se hart op”.

Bata ·

Jy kan nie jou hart oppas as jy heeldag na al wat verfoeilik is op televisie kyk nie. Of jou kinders voor dit neerplak nie. Gooi uit die televisie en probeer weer.

Yolanda ·

Hoe wens ek nie ek kan my TV uitgooi nie. Die taal wat hulle daar gebruik…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.