Gedagte vir die dag: Pas jou liggaam op

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam – daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra. (1 Korintiërs 6:20)        

As daar nou één ding is wat ons vroue hoofbrekens besorg, is dit die aanhoudende stryd om goed te lyk. Luister maar na vrouegesprekke om ’n koffietafel. Kort voor lank draai dit om ons voorkoms: oor hoe ons lyk (en eerder wil lyk), hoe ons met ons gewig sukkel (en wat ons eintlik sal wil weeg), wat ons met ons hare gaan doen (in ’n poging om beter te voel) of watter uitrusting ons vir ’n spesiale geleentheid beplan (sodat ons goed kan opweeg teen die ander gaste). Ja, ’n vrou se liggaamlike voorkoms ís belangrik.

Die feit dat jou liggaam ’n tempel is waarin die heilige God leef, maak dit die moeite werd om regtig aan te hou probeer om mooi na jouself te kyk.

Onthou die Arabiese spreekwoord wat lui: God is aan die kant van dié wat met geduld volhard, en gaan voort om jou vrouwees te versorg.

Bruidegom, help my om ook my liggaam op ’n gebalanseerde wyse heilig vir U te hou.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Dis een ding om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf en jou liggaam as tempel van die Here op te pas, maar dis ‘n ander ding om ‘n afgod van jou ‘looks’ te maak. Waar lê die grens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.