Gedagte vir die dag: Passie is ’n lewe van oorgawe!

Vroue_gelukkig_berg_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Aan Hom wat deur sy krag in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus. (Efesiërs 3:20-21)

’n Lewe van passie is ’n lewe van oorgawe aan die Here en dit is die skoonheid wat uitgestraal word in die siel van ’n gelowige. In Jesus, deur die kragtige werking van sy Gees, en uit die oneindige rykdom van sy heerlikheid, gee Hy aan ons die innerlike sterkte om voluit te leef.

In Hom is ons tot alles in staat! Passie is die innerlike krag van vurige hoop, geloof en liefde. Daarom moet ons gegrondves en gewortel bly in sy liefde en sy Woord. As wedergebore gelowiges is ons nuwe wesens.

Die oue is verby. Om in oorgawe te leef, beteken dat ons ons nie langer laat terughou deur die laste van die lewe, die verlede of die sondige natuur nie. Ons oë bly gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ons fokus op die suksesvolle bereiking van ons einddoel. Uithouvermoë en volharding is ons leuse.

Hierdie stryd word in die gees gevoer en dit is ook dáár waar die stryd gewen of verloor word. Solank ons geloof vasgeanker bly in Hom, sal ons harte oorvloei van sy goedheid, guns en dankbaarheid. Dit is die wil van ons Vader dat ons sal straal van vreugde en bewe van blydskap!

God se wil vir jou lewe is dat sy vrede oor jou hart en jou lewe sal heers en sy regverdigheid jou sal bestuur. Die Here se hartsbegeerte vir jou is om nie net te oorleef nie, maar in oorgawe te leef en waarlik te floreer! Deur geloof in Christus, passie en toegewydheid tot Hom, is die onmoontlike moontlik en die ongelooflike ’n werklikheid.

Moenie bevrees wees nie, leef voluit!

Bron: Vertrou God, Dagstukkies + Joernaal vir Vroue deur Alta Strauss
Uitgegee deur Carpe Diem Media
Facebook | Instagram | [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here help my om so te leef dat ander U in my kan sien..in Jesus Naam

FM ·

“dit is die wil van ons Vader dat ons sal straal van vreugde en bewe van blydskap”

3 X AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.