Gedagte vir die dag: Persoonlike verhouding met Jesus

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. (Galasiërs 2:19-20)

Vir baie mense is die eise van ’n Christelike oorgawe te veeleisend. Onthou egter wanneer jy jou aan die Meester oorgee, laat Hy jou nie aan jouself oor om die lewenstryd alleen te stry nie. Jesus sal nooit van jou verwag om sy lewenstyl te aanvaar sonder dat Hy jou ook daarvoor toerus nie. Wanneer Hy jou roep tot ’n sekere taak, sal Hy ook vir jou die vermoë gee. Die Gees van die lewende Christus is in jou en maak dit vir jou moontlik om volgens God se voorskrifte te lewe.

Moet nooit uit die oog verloor dat Jesus lewe nie. Hy leef in jou en deur ’n persoonlik verhouding met Hom sal jy ’n lewe van oorvloed ervaar.

Dankie, Here Jesus, dat ek in U kan bly en U in my lewe gestalte kry. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.