Gedagte vir die dag: Praat! Dit gaan om lewe en dood

Israel_berg_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Mens, Ek het jou aangestel as ’n wag vir Israel: jy moet hulle namens My waarsku. (Esegiël 3:17)

In die laaste handboek-hoofstuk sê die Here vir Esegiël: “Ek het jou aangestel as ’n wag vir Israel: jy moet luister na wat Ek sê en hulle namens My waarsku.” Jou roeping is ernstig. Dit gaan om lewe en dood. As jy stilbly en die mense om jou laat begaan, beteken dit die dood. Maar die Here sal hul bloed van jou hand eis! As hulle nie luister nie, het jy jou plig gedoen. Maar as die mense luister, sal daar vreugde wees, op aarde en in die hemel. Die engele sal juig. Praat, redeneer, oortuig die mense, ter wille van hul redding – en ook jou eie.

Waar lê die stad waarheen jy gestuur word? Party Christene voel dat die Here hul na ’n vér stad stuur, na die onbereikte gebiede van die wêreld, na hulle wat nog nooit die boodskap gehoor het nie. Ander sê: “Wat help dit om so ver te gaan as daar nog soveel mense tuis is wat ook nie in Christus glo nie?” Gelukkig hoef ons nie die een teen die ander af te speel nie. Jesus het aan ons ’n reisplan gegee waarop elkeen van ons ons eie plekkie moet bepaal: “Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot die uithoeke van die wêreld” (Hand 1:8).

Jerusalem en Judea is naby aan ons, ons eie omgewing, dikwels ons eie familie, bure en vriende. Samaria is die mense wat tussen ons woon, maar vooroordele van kleur, kultuur, taal, politiek, hou ons uitmekaar.

Die uithoeke van die wêreld lê vér, waar miljoene sonder Christus leef en sterf.

Bid ernstig oor die lysie. Waar wil die Here jou gebruik?

Bron: Die lig op my pad deur Piet Meiring
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Dankie Piet Meiring.

Waar ek gaan is nie van belang.
Dat ek DOEN wel.

Yvonne ·

Here die liedjie kom by my op…..” waarHy ly daar sal ek heengaan”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.