Gedagte vir die dag: Praat met God

aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie ophou bid nie. (1 Tessalonisense 5:17)

Die belangrikste rede hoekom ons bid, is om God te leer ken, skryf Phillip Yancey. Ek dink dit is so eenvoudig en so waar.

Om God te leer ken … Hoe leer ken ’n mens iemand? Deur met hulle te gesels en tyd by hulle deur te bring. Yancey gebruik die voorbeeld van die fliek Fiddler on the Roof, waar die hoofkarakter op ’n stadium sê: “Ek kan verstaan dat U my straf wanneer ek slegte dinge doen, of dat U my vrou straf omdat sy te veel praat, of dat U my dogter straf wanneer sy met ’n ongelowige wil trou, maar wat het U teen my perd?” Hy sê hierdie woorde terwyl hy langs die pad sit omdat sy perd mank geraak het.

Dit is baie snaaks, maar tog so waar! God wil hê ons moet in alledaagse taal met Hom praat. Die gebed wat Jesus ons geleer het, is so ’n opregte gebed. Dit praat oor al die gewone daaglikse dinge wat ons nodig het, soos kos, klere, vergifnis vir ons sonde, sorg vir ons naaste, en so meer.

Jy kan enige tyd met die Here praat. Ons het eenkeer met ’n minibus na ’n veldtog op ’n nabygeleë dorp gery. Daar was sewe of agt van ons in die voertuig. Terwyl ons gery het, het ons gebid, maar kort-kort ons gebede onderbreek om met mekaar te praat oor iets wat by ons opgekom het, en dan het ons weer verder gebid. Ons het gebid net soos jy met jou beste vriend sou gesels. Ek wil jou aanmoedig om met Jesus te gesels terwyl jy vandag met jou dagtaak besig is. Wanneer ’n mens al jare lank bid en jy ken God al baie lank, is dit nie eens altyd nodig om woorde te gebruik om met Hom te praat nie. Jy kan met Hom in jou gees gesels. Persoonlik vind ek dit baie vertroostend en nuttig, veral wanneer ek moet reis en ver van die huis af is of dalk in ’n vliegtuig sit. Ek kan net my oë toemaak, in my hart met die Here praat en die antwoorde ontvang wat ek nodig het.

Wanneer jy vandag uitgaan om vir die Here te leef, bid sonder ophou. Jy sal sien hoeveel beter jou dag verloop en hoe min foute jy sal maak.

Bron: ‘n Mosterdsaad deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat dit U wil is dat ons in gesprek met U die allerhoogste kan tree….lof eer en dankie kom U alleen toe

Stephanie ·

Dankie ABBA VADER dat ons ENIGE TYD, ENIGE PLEK, ENIGE KWESSIE met U kan praat. GESEËND IS U

Maria M S ·

Baie dankie liewe Heer vir die antwoord van ons gebede, hoe krom en skeef ookal, ons harte juig vanmore en loop oor van dankbaarheid, vir die wondergawe van lewegewende reën wat U vir ons gestuur het hier in Namakwaland! AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.