Sit ’n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê. (Psalm 141:3)
Die psalmdigter bid dat God hom sal help om nie onnodig dinge te sê nie. Hy vra ook dat God hom sal leer om versigtig te wees met wat hy sê. Die mens wat nie struikel in wat hy sê nie, is volmaak, skryf Jakobus. Hy kan die res van sy liggaam ook in toom hou (vgl. Jak. 3:2).
Elke mens het twee ore en net een mond. Dit lyk dus logies dat jy die helfte minder behoort te praat en ’n baie beter luisteraar moet wees.
Die eerste vuisslag wat jy iemand toedien, is dikwels maar net ’n woord. ~ Phil Bosmans