Gedagte vir die dag: Pragtig in seisoen

Snoei_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hulle stamp nooit teen mekaar nie, elkeen bly op sy regte plek. (Joël 2:8)

Een deug moet nooit ’n ander deug se plek in-neem nie. Toegeneentheid moet eerlikheid nie versmoor nie, dapperheid moet swakheid nie uit die pad stamp nie, beskeidenheid moenie met energie stoei nie, en geduld moet vasberadenheid nie vermoor nie. Dieselfde geld ons pligte: Die een moenie met die ander inmeng nie. Openbare bruikbaarheid moet intieme godvrugtigheid nie seermaak nie; kerklike werk moet huisgodsdiens nie verdring nie. Dit is verkeerd om vir God die een plig aan te bied as dit met die bloed van ’n ander bedek is. Elke ding is pragtig in sy eie seisoen. ~ Charles H. Spurgeon

Here, mag ons bewus wees van wanneer en hoe U wil hê ons iets moet doen. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.