Gedagte vir die dag: Pret om mee saam te leef

 Ma_kind_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hulle sal vertel van u onvergeetlike goedheid; en met vreugde sing van u regverdigheid.  (Psalm 145:7)

Edmond Hiebert het gesê: “Liefde is die hoogste seën in ’n tuiste op aarde, en die vrou is die natuurlike middelpunt hiervan.” Wat beteken, as Mamma nie gelukkig is nie, is niemand gelukkig nie. Dis waarskynlik waar vir vroue van alle ouderdomme, in alle stadiums van die lewe, want ons het die ingebore vermoë om die gemoedstemming in kantore, parkeerareas, e-posse en kerkgange te maak of breek.

Miskien is al wat dit verg om in ons verhoudings te groei – en die wêreld te verander – dat ons bloot maniere moet vind om ons vreugde in God uit te druk, en sy karakter te vier terwyl ons die lewe aanpak saam met die ander mense wat Hy geskep het. Ons kan bid vir maniere om die beste herinneringe te skep te midde van die alledaagse lewe. Ons kan die mense óm ons seën deur soms toe te laat dat pret gesonde verstand, higiëne of slaaptyd troef. Ons kan ’n stukkie van die oorvloedige lewe wat Jesus gee, uitmuntend uitleef voor die wêreld wat ons dophou.

Is dit pret om saam met jou te leef?

Here, skep ’n aansteeklike vreugde binne-in my wat mense sal nadertrek na die wonder van U. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.