Gedagte vir die dag: Prioriteite

sonsondergang_familie_stiltetyd_pixabay-1.jpg

Foto: pixabay.com

As ’n man nie sy eie huisgesin kan bestuur nie, hoe kan hy vir God se gemeente sorg? (1 Timoteus 3:5)

Wat prioriteite betref, was Paulus nie skaam om uitdruklik te sê wat hy as belangrik beskou nie. Baie mense het skynbaar al die kwalifikasies om uitstekende leiers te wees – hulle lyk goed, praat goed en het oorgenoeg kennis. Maar Paulus leer Timoteus iets meer van die tipe mense wat hy moet oorweeg vir die leiersposisies in die gemeente van Efese (of in enige kerk). Een van die belangrikste eienskappe van so ’n persoon is dat dit iemand moet wees vir wie sy eie huisgesin so ’n prioriteit is dat sy kinders goed versorg en gedissiplineer is, en sy huishouding goed bestuur word. Dit gebeur te dikwels dat mense wat op die oog af na sulke goeie leiers lyk, soveel tyd moet bestee om daardie front voor te hou dat hulle gesinne afgeskeep word. En dit is nie tot eer van God nie.

Of jy ’n kerkleier is of streef om een te word – of nie – hierdie volgende vrae is steeds op jou van toepassing: Hoe vaar ek met my eie gesin? Sorg ek goed vir hulle? Hoe lyk ons finansies? Bestee ek genoeg tyd aan my vrou en kinders? Dissiplineer ek my kinders regverdig en konsekwent? Leer ek hulle om respek te hê vir ander mense? En: Watter soort voorbeeld is ek vir hulle?

Wanneer ons prioriteite vir ons lewe bepaal, doelwitte stel vir wat ons in die toekoms wil bereik, moet ons nie vergeet hoeveel waarde God aan die gesinslewe heg nie. Ons behoort nie leiers of bestuurders op ander gebiede te wees solank ons die bestuur van ons eie gesinne afskeep nie.

Watter plek beklee my huisgesin op my prioriteitslys?

Bron:
My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Von ·

Dankie Here vir genade, help my om so te lewe dat ander U in my kan sien…in Jesus naam

OWO ·

Die gesin is die kern van enige samelewing.Val die gesin uitmekaar het dit ‘n rimpeleffek op soveel aspekte van die sameling,wat onherstelbare skade veroorsaak.Alles begin by die gesin,dissipline,respek,liefde,
vertroue noem maar op.Hoekom lyk SA soos hy lyk?lees gerus Galasiërs 5:16-26.

Maria ·

Hierdie stuk vanmore is baie baie… belangrik vir alle mans ” pa ” . Ek nooit besef hoe belangrik is Mans”pa” in die n huisgesin nie. Mans “pa” soos n dak “Priester”en vroue “ma” ondersteuning – pilaars oor die gesin sodra daar gat dak “ongehoorsaam” nooi Satan in om jou hele gesin kan vernietig verwoes.

GL ·

Die aandag vandag is op almal behalwe blanke mans. Ek bid spesifiek vir ons , vir krag , wysheid en geduld. Here lei ons asb. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.