Gedagte vir die dag: Probeer jy te hard?

pomegranate_vrug_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek wil net dit vir julle vra: Het julle die Gees ontvang deur die wet te onderhou of deur te glo wat julle gehoor het? Hoe kan julle so dwaas wees? Wil julle dit wat die Gees in julle begin het, nou uit eie krag probeer klaarmaak? (Galasiërs 3:2-3)     

Die Galasiërs het nie nodig gehad om te wonder oor wat Paulus hier bedoel nie. Hy stel sy saak baie duidelik – en met goeie rede. Hy sê vir hulle: “Jesus het julle vrygemaak van sonde en van die onmoontlike hoë eise van die wet. Waarom wil julle teruggaan na ’n leefstyl van wetsgehoorsaamheid om ’n gevoel van eiewaarde te koester? Deur julle sondes te verruil vir goeie werk wat slegs gedoen word om julle eie ego’s te streel, is ook nie vir God aanneemlik nie!”

Kom ons vra die Here om ons te help om ons onnodige gehegtheid aan reëls en perfeksie in ons lewens te vervang met oorgawe aan Hom. Ons moenie wil “reg” doen om ons eie ego te streel nie – gehoorsaamheid moet eenvoudig vloei uit geloof.

Maar die etiket sê dis gesond!

Heelwat van die kossoorte wat deesdae as “gesond” bemark word, is sekerlik gesonder as ’n bord slaptjips. Maar die probleem met baie sogenaamde “gesonde” kosse – veral die “vetvrye” soort – is dat dit gewoonlik vet is wat smaak verleen. En wanneer dit geen vet bevat nie, kan jy maar weet dis met iets selfs smaaklikers vervang: suiker! Boonop dink ons maklik omdat iets “gesond” (vetvry, maar hemelhoog aan suiker) is, kan ons maar twee keer soveel daarvan eet. Wees verstandig – en moenie jou deur etikette aan die neus laat rondlei nie.

Bron: Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

agnes ·

Hierdie boodskap is nie n geestelike boodskap nie, inteendeel dis oningelig en nie geestelike voeding nie.

OW ·

Hier is verseker ‘n geestelike boodskap.Jy word vrygespreek deur geloof.Om te glo in Jesus Christus,en nie deur wetsonderhouding nie.Ons is nog op aarde en God het vir ons verstand gegee om te kan onderkei tussen reg en verkeerd en goed en sleg.Sien die laaste deel van die skrywe as ‘n metafoor tussen goed en sleg vir jou liggaam waar gesonde verstand inkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.