Gedagte vir die dag: Raak rustig by jou Herder

 14-Vallei-van-1000-heuwels.jpg

Vallei van ‘n duisend heuwels (foto: Marianne Styan)

Lees: Psalm 23

Die Here is my herder, Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. (Psalm 23:1-2)

The Lord is my Shepherd [to feed, guide, and shield me], I shall not lack. He makes me lie down in [fresh, tender] green pastures. (Psalm 23:1-2, The Amplifi ed Bible)

In sy boek A Shepherd looks at Psalm 23, skryf Phillip Keller – wat soos Dawid ’n herder was en skape geken het – oor die omstandighede wat maak dat skape nie wil lê nie. Skape wat bang is, sal weier om te gaan lê. Skape sal ook nie gaan lê as die res van die trop onrustig is nie. Skape wat deur vlieë of parasiete gepla word, sal nie gaan lê nie. Honger skape sal ewe-eens weier om te lê.

Om te kán rus, om gewillig te gaan lê, het skape die afwesigheid van vrees, spanning, hindernisse en honger nodig. En dit is net die herder wat hulle van hierdie toestande kan vrywaar. Dit hang dus volledig van die versorging van die herder af of sy skaap trop gewillig sal wees om rustig te gaan lê in die groen weivelde wat hy vir hulle gereedgemaak het.

Jou Herder is die enigste Een wat vir jou rustigheid kan gee deur jou vry van spanning en vrees te maak, deur jou te kalmeer met sy nabyheid, jou van dinge wat hinder te verlos en jou geestelike voedsel aanbied. Jy mag dus maar rustig raak in sy teenwoordigheid omdat Hy self vir jou sal sorg en jou veiligheid sal waarborg.

Here, dankie vir die seker wete dat my geloof in U my van alle vrees vrywaar, my rustig maak, my verlos van dinge wat my hinder en my voed met die brood van die lewe. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.