Gedagte vir die dag: Reënboog: die wins van genade

Reenboog_natuur_uganda_Stiltetyd_Marco-Brits.jpeg

Foto: Apoka Lodge, Uganda (Marco Brits)

God het bygevoeg: “Om dit te bevestig, gee Ek aan julle en alle lewende wesens ’n teken van hierdie onderneming wat vir altyd sal geld. Die reënboog wat Ek in die wolke gesit het, sal die teken wees van hierdie blywende ooreenkoms met die aarde.” (Genesis 9:12,13)

Noag se verhaal is seker die storie van die grootste verlies wat die mensdom nog getref het.

Dit gaan oor menseverlies, oor die uitwissing van ’n hele mensdom! Hierdie verlies aan lewens het ’n oorsaak gehad. Ons lees daarvan in Genesis 6:5-7: “Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is, was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Die Here het gesê: ‘Ek sal die mens wat Ek geskep het, wegvee van die aarde af’” (Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Maar dan was daar die ark van behoud. Die ark van genade. Die ark wat beteken het dat God die mens wat Hy geskape het nie gaan uitwis nie. En wanneer Noag en sy gesin die oordeelsvloed oorleef, kry hulle van God ’n teken van genade. Die reënboog is die teken van die wins van God se liefde. Hy sal die mensdom nie weer uitwis nie, daarvoor is sy liefde te groot.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marlina ·

die boodskap laat my wonder oor die rooi ster wat baie mense paniekerig maak mbt uitwissing op 23 Sept. Die sterrekundiges sien die verskynsel wat ‘n gevaar kan wees vir aarde. Bewerings van eindtye. Wat van God se reenboog belofte en ook dat net God weet wanneer..nie eers Engele weet. Kan predikante asb vir volgende weke duidelikheid uit die Woord bring? Dankie!

AL ·

God se genade is ongelooflik groot – daarmee kan ons berge hindernisse uit ons pad vee – juis omdat ons die voorreg het om aan Sy voete te sit en Hom te dien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.