Gedagte vir die dag: Die regte soort skoonheid sê ook die Here is hier

stiltetyd-musiek-kitaar-man.jpg

Foto: pixabay.com

Sing vir die Here ’n nuwe lied! Sing vir die Here, almal op aarde! (Psalm 96:1)

Thomas Aquinas, die grootste teoloog van die Middeleeue, het drie dinge verbind met die teenwoordigheid van Christus, naamlik skoonheid, goedheid en waarheid. Ek hou veral van Aquinas se beklemtoning van skoonheid. Dit word dikwels in die kerk misgekyk, of selfs met ’n wêreldse gesindheid in verband gebring. Skoonheid het egter ’n innerlike begin. Die Here maak ons van binne af buitentoe mooi. Dit beteken egter nie ons buitewêreld maak nie ook vir Hom saak nie. Ons mag ons met skoonheid omring – mooi kuns, mooi vakmanskap, mooi skeppings. Dit is alles uitdrukkings van die talente wat God in mense verpak het waarmee hulle die wêreld rondom hulle mooier maak. Ons mag sulke skoonheid ook geniet.

In dieselfde asem moet ons ons eie kreatiewe gawes ontwikkel en gebruik. As ons die talent het om musiek te maak, te skilder, houtwerk te doen of wat ook al, moet ons dit gebruik om skoonheid in die wêreld in te dra tot God se eer. Ons moet die wêreld mooi versier en ander mense help om dit saam met ons te geniet.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.