
Foto: pixabay.com
Jesus het tempel toe gegaan en al die handelaars en hulle kliënte uitgejaag. Hy het die tafels van die bankiers en die hokkies van die duiweverkopers onderstebo gegooi. (Matteus 21:12)
Mense sê dikwels: “Ek hou daarvan om aan Jesus as my Vriend te dink, nie my Meester nie.” Maar Hy is al die dinge wat die Skrif van Hom openbaar, en dit sluit Regter, Vriend en Meester in. Sy eienskappe is nie ’n heerlike verskeidenheid waaruit kieskeurige Christene kan kies waarvan hulle hou en dan die res onaangeraak laat nie.
Die sagmoedige, barmhartige Jesus is ook die Jesus wat die handelaarsdiewe uit die tempel verdryf het en veroordeling oor die eiegeregtige godsdienstige leiers uitgespreek het. Sy minder gewilde eienskappe het mense so woedend gemaak dat hulle Hom aan ’n kruis vasgespyker het.
Ons moet alles glo wat die Skrif oor Jesus sê – of dit nou vir ons beperkte verstand sin maak of nie. Slegs dan sal ons nie afgodery in ons gedagtes pleeg oor Hom nie.
Die sagmoedige en gedweë Jesus met oormatige geduld was nêrens te vind toe Hy die handelaars uitgejaag het nie. – Jonathan Parnell
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Here my God ek dank U vir die Woord wat my leer dat U is presies dit wat U se U is…..al die lof en eer en dank kom U toe…Amen