Gedagte vir die dag: Regtig?

see_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (Filippense 4:8)

Soms bestaan kritiek, teenkanting en verwerping net in jou kop. In die nanag kruip hulle uit die loopgrawe van jou gedagtes wanneer daar niemand is om ’n lig van waarheid aan te skakel nie.

Vertel vir jouself die waarheid. Die waarheid is dat jy nie kan weet wat in iemand anders se hart of gedagtes aangaan nie. Jy kan dit nie beheer nie. Dit help niks om tyd en emosionele energie te vermors deur jou te kwel oor wat iemand anders dalk van jou dink nie. Daardie ander persoon slaap heel waarskynlik vas.

As jy nie baie entoesiasties is oor jou verhoudings nie en maklik voel jy is nie deel van die groep nie, vra jou af: Kan hoe ek voel dalk eerder reaksies wees op my eie persepsies, as dat hulle die gevolge is van ander mense se bedoelings? En wanneer jy verseker weet dat jy met katterigheid, eksklusiwiteit of ’n ooglopende sneeustorm in ’n vertrek te doen het, neem die weer saam met jou. Hou aan glimlag totdat jy dit bedoel – totdat dit eg is. Laat die vuur in jou hart warm brand om die nydigheid te smelt, en vertrou dat God jou sal help om bo-oor die ys te skaats.

Is die teenstand en die afjak wat jy ervaar ’n werklikheid of iets wat jy jou verbeel?

Here, ek wil dít wat waar is, oordink. Weerhou my daarvan om probleme in verhoudings uit te dink. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

thea ·

hierdie het ek vanmore nodig gehad. Dankie Here vir elke oomblik wat ons nader aan U kan beweeg, ons sien U hand in als wat ons doen.

Adel ·

Shoe, dis sulke mooi en baie waar woorde. Hoe baie verbeel ons dinge, dan is dit op die einde van die dag glad nie eens naastenby so nie. Laat ons eerder altyd probeer om die goeie in alles en almal raak te sien.

Baie dankie vir elke dag se mooi boodskappe en sielskos

Chantel ·

Ek sit al heel oggend en verknors my oor kollegas se optredes!
Verbeel ek my dalk? Of is hulle werklik besig om skeinheilig te wees?
Ek sal seker nie regtig weet nie, maar ek sal aanhou glimlag tot dit eg voel!
Dis so mooi gestel! Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.