Gedagte vir die dag: God werk om regverdigheid aan die lig te bring

Arend_Stiltetyd.jpg

Foto: Jannie Oosthuizen

Die Here doen geen onreg nie. Dag vir dag is sy uitsprake regverdig, elke nuwe dag sonder uitsondering. Maar niemand sien dit raak nie, en goddeloses ken geen skaamte nie.(Sefanja 3:5)

Israel kon nie God se basiese beginsel leer nie, naamlik: Volg God se voorbeeld van regverdigheid en geregtigheid. Hulle het toegelaat dat welvaart en gemak die standaard stel in plaas van God. God verander nooit. Hy laat altyd geregtigheid geskied, elke liewe dag. Werk jy soos God of soos Israel?

Here, U standvastigheid slaan my dronk. My dade is nie so nie. Ek probeer myself beskerm, verseker dat ek ’n regverdige kans kry. Maar niemand het my ooit die versekering gegee dat die lewe regverdig is nie. U het belowe dat ek genade sal ontvang. Dankie vir u standvastige genade ten spyte van my wisselvallige verbondenheid aan U. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Maria ·

My getuie: Verlede jaar het ek HEL gehad deur my tieners seun. Ek het geweet en erken dit deel van my EIE gevolge wat ek moet dra EK het geskei wat HERE nie daarvan gehou nie. Al is ek kind van Here en life vir my maar………HERE is REGVERDIG maar Here my nooit gelos nie. Hierdie jaar Here my geseen, vrygespreek,vrygemaak tot my tiener seun op bekering gekom Grootste geskenk DAnkie Here life vir U!

SNEL ·

Jy het seker Ek bedoel Koos en nie Hy nie, as jy nie het nie, het jy gebed dringend nodig. Die Here laat alles ten goede uitwerk vir die wat Hom lief het. Moet nie die leuens van die vyand glo nie, en moet nie God voorsê nie. Jy praat van die Almagtige God, Sovereine God, Hy is in beheer, nie ons nie. Ons moet Hom aanbid, dien, glo en op Hom vertrou. Jy sal nie sê wat jy daar sê as jy voor Hom staan nie, dan sal jy jou woorde sluk en jy sal op jou gesig neerval en wens jy het elke oomblik en elke geleentheid gebruik om Hom beter te leer ken en Sy Woord te lees.

Cornelia ·

Here, dankie dat U ‘n volmaakte werk volbring het. U ingrypende offer op Golgota, U Lewende Woord wat op Skrif gestel is sodat die mens ook nou kan LEES en LEER wat U enige Bloed, Water, Gees en Vuur in sy Redding belê het. Dankie dat U ons verander het, ons nuut gemaak het in U onbegryplike Genade. Dankie dat daar vandag nog kragtige Getuienisse gelewer word wêreldwyd, van U Reddingswerke, U Liefde en U Getrouheid aan U Woord Beloftes. U alleen is die Alfa en Omega. Alle Eer, Ontsag Lofprysing en Aanbidding kom U toe. Tot Groot Seën is U Ere Koning, Vader, Jesus en Heilge Gees. Amen. U werk is voltooi.

SNEL ·

Spook, spook spook, jy lees weer lekker hier wat ons sê, ai, te lekker om te sien jy stel belang in ons goedjies hier. Mens hoor van die Here deur Sy Woord en ja, as jy n noue verhouding met Hom het. Wie tot die Here nader moet glo dat Hy is en n beloner is van die wat Hom soek. Spook, miskien hoor jy nie, want jy praat nie met Hom nie en as jy met Hom gepraat het op n tyd, het dit net oor jou en jou behoeftes gegaan, want dan gaan jy ook nie van Hom hoor of antwoorde gekry het nie. Raak nederig en stil en kom in die Here se teenwoordigheid, maar die sleutel is geloof, en jou sleutel is nog soek, maar don’t worry, ek bid vir jou, daai sleutel gaan jy nog kry. Die Here het n rots oopgebreuk en water het uit hom gekom (YouTube, Proof of the Rock Moses split at Mt Siani (die Here het dit deur Moses gedoen, nie Moses nie) ), maar my punt is, n harde hart staan nie n kat se kans teen die Here nie, hy sal ook oopgebreuk word en vervang word met n hart van vlees, veral as daar nog vir jou gebid word. Hou vas, jy gaan ook nog familie van ons klomp word en net so lekker saam chat.

Spook ·

Snel snel snel-ek sien jy het steeds n goeie verbeelding. As daar dan antwoord is – hoekom hoor jul so verskillend? Jul het 2 goed in gemeen-boek met fabels en n ryke verbeelding!

SNEL ·

Spook, ek het n goeie verbeelding oor die algemeen, hou van kuns en ontwerp, maar as dit by God kom, het ek n baie diep gewortelde geloof, verskil om sonder of met Hom te lewe, jy verander as jy jou lewe vir Hom gee, Hy bestaan regtig!!! Jy sê as daar antwoorde is, hoekom hoor ons verskillend, in watter opsig? Ek weet beslis die Here werk met geen persoon dieselfde nie, so daaroor kan soos jy dit noem, antwoorde verskil. Hy het ook in die Bybel blindes op verskillende maniere genees. So Sy antwoorde sal verskil vir verskillende mense ook. Boek met fabels…. in jou oë, sal dit beslis so wees, net n boek met fabels, jy is verblind deur die vyand, want jou oë is gesluit, jou hart is hart. Of jy glo of nie, gaan nie God of die Satan se bestaan uitvee nie, en daardie Boek waarvan jy praat sonder respek gaan jou eendag “judge”. So as jy daar staan en jy geoordeel word, het jy nie n Verlosser nie (want jy wou Hom nie ken en aanneem nie) en jou skuld is dus nie betaal nie, en jou ewige straf sal jy dan moet vat en dan gaan dit te laat wees om jammer te sê. Goeie dade en werke gaan jou nêrens bring daai dag nie. Daarom is dit die belangrikste besluit wat jy in jou lewe moet maak. Dis lewe of dood, of jy glo of nie, vee nie die werklikheid uit nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.