Gedagte vir die dag: Reik uit

mense_brug_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle moet mekaar steeds met ware broederliefde liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang! (Hebreërs 13:1-2)

Wanneer ek alleen reis, kry ek die geleentheid om te praat met mense met wie ek normaalweg nie sou gepraat het as ek saam met vriende of familie gereis het nie. Wanneer ek alleen reis, is ek baie dapperder en meer bereid om gesprekke met vreemdelinge aan te knoop (“Sit hier iemand?”). Dit is hoe ek dit regkry om paaie wat nie op my kaart is nie te volg, om sosiaal te wees, verhoudings te bou en nuwe, uiteenlopende en interessante verbintenisse te smee – in plaas daarvan om alleen met my eie gedagtes te sit, of my liefde net op die vriende of familie rondom my uit te stort.

Soms moet ons ons roete verlaat – vanuit ’n sosiale, verhoudings- of beroepsperspektief gesien – selfs wanneer ons nié op reis is of vliegtuie of treine moet haal nie. Dit kan beteken: Moenie altyd wag om genooi te word om by die tafel gewildes te gaan sit nie, dié tafel vol mense soos wie jy graag wil wees. Vind eerder jou eie tafel, dek dit en nooi ander om by jou aan te sluit. Jy sal dalk verbaas wees oor die magdom fassinerende en verkwikkende mense wat jy leer ken.

Here Jesus, maak my dapper om dinge te laat gebeur. Help my om minder energie daaraan te bestee om te probeer inpas, en meer om uit te reik na ander. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen !

Chris ·

Dankie Here
Dat ons altyd kan weet dat u naby is , al lyk die dae soms donker sal die son weer die oggend skyn . Ek baie baie dankbaar vir die reën wat hier op my plaas geval het . U is so Groot nogmals Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.