Gedagte vir die dag: Rein harte, nie vroom gesigte nie

harte_vorm_klippies_strand_stilltetyd.jpg

Foto: fineartamerica.com

Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte? (Matt 9:4)

Jesus die Regter het nie kruisondervraging en beredenering nodig om vas te stel of ’n mens skuldig is of nie. Hy word telkemale in die Bybel beskryf as die Een met oë soos vuurvlamme voor wie alles oop en bloot is. Niks is vir Hom verborge nie – veral nie die dieptes van ’n mens se hart nie.

Hy wonder nie, Hy spekuleer nie, Hy neem nie aan nie en Hy maak nie uitsprake gegrond op “die redelike mens” nie. Hy weet wat die mens dink, beplan en voorgee. Die vraag wat Jesus hier vra, eis rekenskap. Dis nie net slegte dade wat geoordeel word nie, maar ook die gedagtes van die hart. Daarom kan vormgodsdiens God nooit behaag nie. Hy verlang rein harte, nie net vroom gesigte nie.

Niks is méér privaat en méér geheim as die gedagtes van ’n mens nie. Vir God is dit ’n oop boek. Bewaar jou hart meer as enigiets wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.