Gedagte vir die dag: Rein van hart

bybel.jpg

Argieffoto

Reinheid van hart is vir God belangrik. Jesus se die wat rein van hart is, sal God sien. ‘n Rein hart spreek die gesindheid van die hart aan. Dis die houding waarmee ons dinge doen en die verskuilde motiewe en agendas agter ons woorde en dade. Vra God om jou vandag ‘n rein hart te gee.

Gelukkig is die wie se harte volkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien. (Matt 5:8)

Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ‘n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop. (Heb 4:12)

Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wed, was my dat ek witter as sneeu kan wees. (Ps 51:9)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.