Gedagte vir die dag: Reinheid van die siel

Vrou_arms_uitgestrek_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Om in ons siel gereinig te wees verlos ons van die bande wat ons bind en die bagasie wat ons dra. Ons is geskep vir reinheid – nie onreinheid nie. Wat maak ons onrein voor God?

Moenie langer daaroor broei nie. Om rein te wees is binne jou bereik. Dis so naby soos Jesus. Lê dit voor Jesus neer en laat jou siel hom verlustig in die weelde van God se vergifnis en reiniging.

Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid. (1 Kor 5:8)

Ek verlang na u redding; ek vertrou op u woord. (Ps 119:81)

Die doel van my opdrag is dat al die Christene daar vervul sal wees met liefde wat uit ‘n rein hart, ‘n skoon gewete en opregte geloof kom. (1 Tim 1:5)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.