Gedagte vir die dag: Reis, want daar is ’n toekoms

man_pad_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Jy sal altyd ’n toekoms hê. Jou hoop sal nooit beskaam word nie (Spreuke 23:18)

Ek het onlangs gelees van ’n beroemde entrepreneur en lewensafrigter wat in sy vroeë 70’s is – en hy het ’n 25-jaar-plan vir sy lewe. Skynbaar is sy verstand skerper as ooit. Hy glo dat ’n mens se toekoms groter as jou verlede moet wees, en hy leef dan ook volgens hierdie oortuiging.

Voel dit vir jou of jou tyd min raak? Of voel dit vir jou jy hardloop in die rigting van iets wat groter en beter is as die lewe wat jy nou leef? Groter en beter beteken nie ryker of meer suksesvol of meer invloedryk nie (al kan dit wel ingesluit wees). Dit beteken groter toewyding en groter afhanklikheid van God. Dit beteken om God se wil en sy doelwitte met die wêreld al hoe beter te leer ken.

Moenie toelaat dat die verloop van tyd jou lewe klein maak nie. Ons almal sal waarskynlik eendag ’n punt moet bereik waar ons finansieel afskaal. Ons sal dalk na ’n kleiner huis moet trek. ’n Motor moet verkoop. ’n Paar beleggings moet verskuif. Maar mag ons nooit in ons geestelike lewe afskaal nie. Mag ons visie nooit krimp nie. En mag ons nooit tevrede wees met klein wanneer dit kom by die doelwitte van God in ons lewe en ons invloedsfeer nie.

Vader, saam met U lê die beste nog vir my voor. Ek mik hoog voordat ek huis toe gaan, na die ewigheid by U. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Amen !
Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.