U is waardig, Here ons God, om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang. (Openbaring 4:11)
Respek vir God is so belangrik. ’n Groeiende tendens in kerke is om ’n gesindheid van alles aan God oorlaat, aan te moedig. Aan die positiewe kant bevorder dit groter intimiteit met Jesus en ek is te vinde daarvoor. Jesus is die vriend wat selfs nader is as ’n broer (vergelyk Spreuke 18:24). Hy is my beste vriend, my broer. Die negatiewe kant is dat dit voorkom of te veel Christene hulle eerbied vir God verloor; en daarmee het ek ’n probleem. Ons moet onthou God is heilig.
Ons moet God respekteer vir wie Hy is! Ons moet in verwondering voor God staan en aan Hom die eer gee! Jesus Christus, aan wie selfs die golwe en wind gehoorsaam was, sê as ons Hom nie aanbid nie, sal die klippe dit doen (vergelyk Lukas 19:40).
Hoe sien jy vir God? Hy is nie jou pêl nie. Hy is die Koning van die konings. Hy is die Here van die here, en daar sal ’n dag kom wanneer elke knie voor Hom sal buig. Ons het die grootste voorreg ontvang, naamlik om volkome toegang tot God te hê, maar laat ons nooit vergeet wat ’n ongelooflike geskenk dit is en hoeveel dit God gekos het om dit aan ons te gee nie.
Liewe Here, ek vra vandag u vergifnis vir enige minagting wat ek teenoor U toon. Ek wil ’n lewe leef wat U verheerlik; dagin en daguit. Dankie dat U my vriend is wat nader is as ’n broer. Amen.
Dankie dat ons deur Jesus Christus met ons Hemelse Vader kan praat.