Gedagte vir die dag: Respekteer alle mense

Stiltetyd-25-.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God. Respekteer die koning. (1 Petrus 2:17)

Petrus skryf hierdie brief in ‘n tyd van swaarkry. Christene moet ongekende wreedhede verduur onder die ryk van Nero. Petrus skryf die brief om Christene te bemoedig. Hy moedig hulle aan om reg te lewe en te volhard in hulle geloof.

Petrus se in 1 Petrus 2:17 ons moet alle mense respekteer. Petrus is baie eerlik hieroor. Ons mag nie mense uitsluit nie. Petrus sê baie duidelik alle mense. Ons het nie die reg of die voorreg om te besluit wie hierby ingesluit of uitgesluit is nie. Die opdrag is duidelik. Alle mense moet gerespekteer word.

Dit is vir ons baie maklik om mense te respekteer wat dieselfde is as ons. Net so maklik is dit vir ons om mense uit te sluit en te se dat hulle nie ons respek verdien nie. Ongelukkig het ons as Christene nie hierdie luuksheid nie. Ons moet mense met liefde en respek behandel. Ons moet elke mens se menswaardigheid raaksien en hulle dienooreenkomstig behandel.

Dit beteken ek mag mense nie oordeel volgens hulle velkleur, status of hoeveel hulle verdien nie. Nee, die opdrag is: Respekteer alle mense. Diskriminasie teen mense is ten diepste as ek dink ek is beter as iemand anders.

Verder se die teks ons moet ons medegelowiges liefhê en God vrees. Dan se by ook dat die keiser geëer moet word. Petrus se dat ons die owerhede moet respekteer en gehoorsame onderdane moet wees.

Wat verwag Petrus vandag van my in my elkedagse lewe? Ek moet alle mense eer en respekteer. Ek mag nie onderskeid tref tussen mense nie. Omdat jy ‘n Christen is, is jy anders en tree jy anders op. Jesus het soveel respek vir die sondaars aan die kruis gehad dat Hy selfs vir hulle gebid het.

Here, gee vir my liefde en respek in my hart vir alle mense. Help my om nie te diskrimineer nie. Amen.

Bron:
Met ‘n lied in die hart deur Marietjie Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

L ·

Respikteer eers God dan die mens net jammer die humanistiese mens doen dit net andersom (ps kry maar vir jou 1933 vertaling)

Veritas ·

Ek verskil van jou interpretasie omtrent respek vir almal. God sal nie van ons verwag om antichriste en satanaanbidders te respekteer nie. Hulle is wel ook mense maar die vyande van God se kinders. Ons as Christene is vandag in ‘n oorlog betrokke teen die magte van die duisternis of jy dit wil erken of nie. Hierdie ongelowiges maak vandag openlik teen Christene. Ek noem hier byvoorbeeld die Ogod groep wat Christenskap openlik aanval en probeer vernietig. Daarom moet ons die wapenuitrusting van Christus aantrek om hulle te beveg. Christus het self diegene wat die tempel verontreinig het, met geweld daaruit gejaag . Nee ons moet hulle nie respekteer nie maar met elke greintjie krag beveg.

Mien ·

L en Veritas, ek stem saam met julle. Het net weer besef ‘n mens moet goed nadink oor dit wat jy lees en die korrels van die kaf skei. Gebruik self ook die 33 vertaling en nie afgewaterde weergawes van die Bybel nie. Ja, ek behandel die mense wat op my pad kom met respek, maar my vraag is ook hoe moet ek mense respekteer wat geen respek vir God en sy gebod het nie.

Anéne ·

Goeie more Veritas.
Hoe dra jy God se beeld uit?
Behandel almal met respek en deernis EN bid vir hulle.
Dan kan ons verwag dat God die oorlog teen die bose en vyand namens ons sal voer.
God het ALMAL lief.

Connie ·

Ons moet eerstens ons self respikteer en dan kom die res van self. Soek eers die Koninkryk van God en die res sal kom.

Vermeende ·

Die Psalm skrywer se, hy haat met n volkome haat, hoe kon hy iemand dan volkome haat wat hy respekteer.
Jesus se sef, verkoop jou kleed en koop vir jou n swaard, om wat meet te maak en teen wie, praat Jesus dan hier van die wat jy respekteer en die naaste wat jy lief het.
Nee my vriend, lees jou Bybel in sy geheel en nie net deeltjies wat by kou kerklike politiek pas nie, en as jy sou sukkel, gaan soek dan die wette en gebooie op, daar le die antwoorde.

Eish ·

2 Korinthiërs 6:14 33/53 vertaling
” Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?”

Ek moet bely dat ek n reuse probleem het om die regering van die dag te ” respekteer”
Getrou aan die Skrif, is hul nie my uithangplek nie. Maar ek bid ernstig vir ingryping in die kleptokrasie, dis verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.